VIERDE REEKS VAN SAFARI 4X4 ROETES OP PAD
André de Villiers, besturende direkteur van die bekende Safari Centre 4x4 Winkels, en ervare 4x4 deskundige is trots op die sukses van die Safari 4x4 Roetes program. Die vorige drie reekse van dié program was besonder gewild by 4x4 entoesiaste en kykers van dwarsoor Suid-Afrika.
In die interessante vorige Safari 4x4 Roetes reekse het kykers saam met André verskeie 4x4 roetes in baie mooi en interessante dele van Suider Afrika verken. Hulle is toegerus metinligting en praktiese demonstrasies van die beste veldry tegnieke in spesifieke situasies, nuttige wenke om 4x4 bestuursvernuf te verbeter en die beste uit 'n 4x4 voertuig te haal. Baie positiewe terugvoer is vanaf kykers na aanleidng van die vorige reekse ontvang.
André is opgewonde dat KYKnet 'n vierde reeks van hierdie gewilde program aangevra het, en is reeds besig om nuwe roetes vir die vervaardiging daarvan te verken.
André sal weer die aanbieder wees van die nuwe reeks wat in die tweede helfde van 2010 uitgesaai sal word. André steun op sy voertuigontwikkelingsagtergrond, ervaring in die 4x4 bedryf en sy passie vir 4x4 ry om kykers prakties toe te rus om enige veldry situasies ten beste te hanteer, en hul voertuie optimaal te benut.
'n DVD is beskikbaar by Safari Centre takke, van 4x4 roetes wat tydens die tweede reeks aangepak is. Die DVD sal ook addisionele 4x4 veldrywenke en inligting oor 4x4 toerusting beskikbaar op die mark, insluit. Die DVD sal by die Safari Centre takke landswyd beskikbaar wees.
Kykers word uitgenooi om enige 4x4 verwante vrae aan André de Villiers by 4x4roetes@safaricentre.co.za te stuur. Hy sal graag daarop reageer indien moontlik.
Safari Centre, markleier in die 4x4 toebehore bedryf, verskaf aan 4x4 voertuigeienaars 'n eenstop diens ten opsigte van hoë gehalte 4x4 toebehore en die professionele passing daarvan, asook die verskaffing van buitelewe en kampeer toerusting. Kliënte is verseker wees van deskundige advies wanneer hulle met die Safari Centre personeel onderhandel. Die maatskappy spog tans met takke in Menlyn en Pretoria-Oos in Pretoria , Bryanston in Johannesburg , Kaapstad , Durban , Vereeniging, Boksburg en Upington. Om uit vind waar u naaste Safari Centre tak is, skakel die nasionale kliëntedienslyn by 0861 SAF4X4.
Uit ons argiewe...
Episode 27:
- Watter roete ry ek dié week : Buffalo Gorge is geleë op 'n plaas omtrent 36km noord van Middelburg, Mpumalanga.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Kort modderstukke asook kort op- en afdraende deur 'n waterstroom met sand en klip. Groot gedeeltes van die roete is grasveld met baie mooi uitsigte. 'n Uitdagende rivierhindernis genaamd "Bobbejaan loop" wat 16 keer oorgesteek kan word. Gradering van roete is 3 tot 4 met 'n gradering 5 hindernis in die Bobbejaanloop.
- Wat bespreek ek tydens die episode : Ek behandel verskeie hindernisse oor die Bobbejaanloop asook 'n paalbrug en plat klipbank. Die nodigheid van 'n wen-as word ook bespreek en die installasie daarvan word gewys.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees: Daar is verskeie staproetes, perdrygeleentheid, "Abseiling", bergfietsroetes en nog baie meer. 'n Kampterrein met basiese geriewe is beskikbaar.
Episode 28 :
- Watter roete ry ek die week: Mateke wildsplaas sowat 60 kilometer noord-oos van Thabazimbi, word besoek .
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Mateke se 4x4 roete het 'n rivierkruising deur die Mambarivier en afhangend van die seisoen is dit of baie maklik of heeltemal ontoeganklik. Klipperige terrein en gedurende die reënseisoen kan ondergrondse water moddergate gevorm word - 'n uitdaging vir enige 4x4 bestuurder. Dan is daar die baie uitdagende rotshindernis genaamd "White knuckle". In die reënseisoen is daar baie modder!
- Wat bespreek ek tydens die episode : Die roete kronkel deur die bosveld - wees versigtig vir die gate wat deur diere veroorsaak word. Dan 'n baie nou hindernis tussen die klippe deur asook 'n steil afdraend tussen die rotse deur.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees: Hier is verskillende tipes akkommodasie fasiliteite beskikbaar vanaf stappershutte tot toegeruste selfsorg-eenhede vir gesinne. Jy kan ook hier bly in jou eie sleepwa of karavaan. Werklik 'n lekker plek om 'n naweek deur te bring.
Episode 29:
- Watter roete ry ek die week : Ons besoek Jobedi Wild Reservaat in die hartjie van die Waterberge. Hierdie reservaat is geleë net buite Vaalwater in die Limpopo Provinsie.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Roete is baie klipperig met vaste rotse los klippe en sand tussen in en verseker modder in die reënseisoen.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Ek wys jou die ligte hindernisse, en dan daardie grote waar ek die Warn wen-as moes gebruik om my uit te help. Onderhoud van jou wen-as se kabel word in detail bespreek.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Meer as 400km grondpaaie om te ry. Omtrent 280 verskillende boomsoorte, meer as 260 voëlspesies is al hier geidentifiseer en 28 wildspesies kan hier gesien word. Verskillende tipes akkomodasie is beskikbaar, selfsorg-boseenhede, huise te huur, asook 'n groterige kampterrein.
Episode 30:
- Watter roete ry ek die week :.Ek besoek Serendipity Eco Trails net noord van Modimolle. Hierdie roete strek oor die mooiste dele van die Waterberge en is in die opvangsgebied van die Nylsvlei vloedvlakte wat as 'n bewaringsgebied verklaar is met die ongelooflikste voëllewe wat wêreldwyd bekend is.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Daar is 3 roetes om te ry wat duur vanaf 1 uur tot 3 uur. Bergroete met klippe en rotse asook rivierkruisings, modder en grasvelde. Daar is ook 'n speelplek waar jy jou voertuig beter kan leer ken, en dit is aan te bevele alvorens jy die bergroete gaan aandurf.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Ek ry 'n paar interresante hindernisse en bespreek die regte lyne om te ry asook 'n syhelling-hindernis met een kant se wiele in die stroom water. Gradering 3 - 5 roetes, maar vir die gradering 5 kan jy 'n ompad kies as jy nie vir hom kans sien nie.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Natuurlike rotspoele, swemgate met piekniekplekke. Ongelooflike voëllewe. Daar is ook verskeie staproetes in die berge. Jy kan ook jou 4 wielmotorfiets saambring, want daar is roetes spesiaal vir hierdie fietse uitgekap.
Episode 31:
- Watter roete ry ek die week :Popallin Safari Ranch daar teen die Limpoporivier sowat 40km vanaf Musina. Dis 'n pragtige wildsplaas met bootritte, golfbaan, Wit Leeu projek en vele meer.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Die 4x4 roete is teen die Limpoporivier en kruis kort-kort van die sytakke en soms eindig jy binne die Limpopo se sandbanke. Ek ry dus riviersand, los klippe en vaste rots asook rivierkruising. Baangradering is 3 tot 4.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Ek ry 'n kliphindernis sowel as 'n rivierkruising met los klippe. Dan bespreek ek ook 'n sandhindernis.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Die roete word gegids deur een van die eienaars. Die groot 5 kan gesien word as jy gelukkig is. Wildsbesigtiging is 'n moet sowel as die bootrit. Die grootste boom in die suidelike halfrond, die Boabab tref jy hier aan, en is altyd 'n wonderwerk om te sien. Die boskamp is 'n heerlike goed versorgde kamp wat verseker aanbeveel word en hulle 4 ster chalet-kamp is vir diegene wat net wil ontspan.
Episode 32:
- Watter roete ry ek die week : Ek besoek Rebellie wildsplaas wat net buite Clarens geleë is, daar op die grens met Lesotho.
- Watter tipe terrein/ toestande het ek teegekom en ondervind: Ek gaan kyk eers hoe lyk die bergroete met sy rotse en los grond wat jy nie sonder laebestek kan aandurf nie. Ek sien die pragtige uitsig oor die Caledonrivier met Lesotho in die agtergrond. Daarna word Die Kloof-roete met gradering 5 gery en kry ek modder, steil afdraendes, sandsteen rots en vele meer.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Die Kloof-roete is gradering 3 en daar wys ek jou hoe om die regte lyn te ry met los klippe teen die berg op. By die Kloof-roete gedeelte met Gradering 5 behandel ek die sandsteen rotse en 'n baie moeilike afdraende hindernis.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Hier is baie wild te sien asook die Swart wildebees. Kampering is in die kloof onder pragtige lowergroen bome asook langs die Shed. Dan is daar die baie oulike en goed toegeruste huise, kompleet met Jacuzzi vir diegene wat nie wil kamp nie. Hier kan jy kom afskakel en weer batterye laai.
Episode 33:
- Watter roete ry ek die week: Kroonstad Quad & 4x4 Trails is net sowat 4km buite Kroonstad geleë. Die plaas het verskeie roetes vir 4x4 voertuie asook baie roetes vir die 4x4 motorfietse.
- Watter tipe terrein/ toestande het ek teegekom en ondervind: Die terrein bestaan uit erosie-walle en dongas wat 'n wonderlike 4x4 ervaring gee, want daar is geen klippe nie. Verskeie op- en afdraendes asook oorkruishobbels word gery. Dan is daar selfs die hindernisse wat jy nie sommer maklik sal kan uitklim nie. Die roete langs die rivier is ook baie sanderig. Die graderings wissel van 'n 2 tot 'n 5 en selfs die voertuie wat nie 'n laebestek het nie, kan daar gaan ry. Daar is ook plekke vir 'n 4x2 bakkie met agterste ewenaarslot.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Ek ry al tussen die paaltjies deur en behandel 'n baie steil opdraende. Ek wys ook vir jou hoe om in die sandwalle van die rivier te ry.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees: Daar is kampeerplek beskikbaar met basiese geriewe wat baie netjies is, en ook 'n pragtige ou plaashuis wat baie mooi gerestoureer is vir die groot familie. Ander akkomodasie is ook beskikbaar en hulle kan tot 80 mense huisves. Alle tipes 4x4 motorfietse is welkom. As jy van adrenalien hou dan moet jy vooraf reël om met die sweeftuie die lug in te gaan.
Episode 34:
- Watter roete ry ek dié week : Ek besoek die Shingwedzi 4x4 Eko Roete in die Limpopo oorgrens park wat eintlik 'n safari is, en oor 5 dae strek.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Die safari-roete vat ons in by Giriondo grenspos waarna die roete eintlik in Mosambiekse grondgebied begin, en strek van suid na noord deur die oorgrenspark. Ou 4x4 jagroetes word gery, en die roete kronkel al langs die Shingwedzi-rivier en later ook die Limpoporivier. Die terrein is meestal 2 spoor padjies en verander gedurig van klip, rivierbeddings, los grond en sand.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Die Conqueror-sleepwa word saamgesleep as my boshuis en die sleep van 'n sleepwa oor 4x4 terrein word bespreek, en kampering met handige wenke is ook op die spyskaart.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Dis 'n vyfdag roete wat gegids word deur 'n baie bekwame veld- en 4x4 safarigids wat hoogs aan te bevele is. Dis 'n familie-roete met baie wildsbesigtiging en moet vooraf bespreek word. Daar was soveel interresante goed en ons kon 2 programme maak van hierdie roete, maar het ongelukkig net die geleentheid vir een gehad. Verseker 'n moet vir die 4x4- en familieman.
Episode 35:
- Watter roete ry ek dié week : Hierdie week ry ek Ferndale 4x4 roete net buite Cathcart in die Oos-Kaap tussen PE en Queenstown.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Daar is verskillende roetes op die plaas, maar ek het besluit om die sirkel roete en Donga speelplek te ry. Die roetes is bergagtig met jou tipiese los klippe, en soms sommer baie daarvan. Die Donga bestaan merendeels uit erosieslote en wanneer dit nat gaan wees, sal jy nie daar kan ry nie.
- Wat bespreek ek tydens die episode: 'n Baie styl afdraand in Box-kloof word aangepak. Hier gee ek wenke gee oor los klip/grond-ry teen 'n afdraande sowel as opdraande. Daar is ook baie mooi plantegroei met verskillende soorte broodbome te sien.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Wanneer jy die roete besoek moet jy 'n GPS saamneem, want al die kruisings en afdraaie is duidelik met GPS ko-ordinate gemerk. Daar is 'n heerlike ontspanningsarea waar jy lekker kan rus wanneer jy nie 4x4 ry nie.
Episode 36:
- Watter roete ry ek dié week : Tydens hierdie episode ry ek my gunsteling terrein, wat sand is, by Brakkeduine net anderkant Oesterbaai naby Humansdorp in die Oos-Kaap, daar teen die see.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Die roete bestaan uit 'n bosgedeelte wat grond en sand insluit, en dan die hoofroete bestaande uit slegs sanduine met interresante draaitjies en hindernisse. Daar is sandhindernisse wat jou sandry- vermoëns en voertuig kombinasie tot die uiterste toets.
- Wat bespreek ek tydens die episode Die belangrikheid van banddruk in sand word gedemonstreer en dan gee ek weer 'n paar interresante en nuttige wenke oor sandry.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Brakkeduine het 'n pragtige kampeerterrein wat uitkyk oor 'n groot dam waar jy kan bootry, ski en visvang. Dis verseker die plek vir 'n lekker wegbreek naweek, waar die hele familie kan uitkamp en ontspan!
Episode 37:
- Watter roete ry ek dié week : Ek gaan besoek die Langkloof in die Suid-Kaap en ry 4x4 op die plaas Louvain .
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Daar is twee roetes om van te kies, waarvan ek die Woudroete gekies het omdat mens al die moeilike hindernisse daarop teekom. Die terrein wissel van los grond, modder en rivierkruisings tot boomwortels. Dan is daar ook die moeilike donga-hindernis.
- Wat bespreek ek tydens die episode: Ek ry die eerste hindernis met harde bande. Dan wys ek die boggelradius van die Fortuner. 'n Moeilike hindernis en paalbrug word aangepak.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Die roete is slegs 'n halfuur se ry vanaf George wat dit maklik bereikbaar maak. Daar is ook die pragtige roete oor die berg, en daarvoor moet jy 'n mooi dag kies want jy kan baie ver sien, amper in die toekoms in, vanaf die uitkykpunt.
Episode 38:
- Watter roete ry ek dié week : Ek besoek Offcamber Adventures 4x4 wat geleë is buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Hierdie roete het verskillende terreine, maar ek wys jou hoe om 'n waterkruising te hanteer, asook syhellings en 'n skerp afdraand tot in die kloof. Los klippe kom by meeste van die hindernisse voor.
- Wat bespreek ek tydens die episode: 'n Waterkruising waarby ek my skoene moes uittrek, asook 'n baie moeilike steil afdraand met los klippe.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Dis 'n netjiese roete en daar is ook goeie fasiliteite. Dit word aanbeveel.
Episode 39:
- Watter roete ry ek dié week : Die Oos-Kaap se Bamboeshoek 4x4 roete word aangedurf.
- Watter tipe terrein/toestande het ek teegekom en ondervind: Bamboeshoek het 'n paar roetes waarvan een van die bergroetes eerste aangepak is. Die roete bestaan uit los klippe en klipbanke, water wat so af en toe water oor die pad spoel.
- Wat bespreek ek tydens die episode: 'n Nou gangetjie tussen die rotse deur; en dan is daar die pragtige uitsig van bo die berg. 'n Baie moeilike los klip opdraande word ook bespreek.
- Ander inligting wat moontlik van belang kan wees : Ek gaan kyk ook na die Boesmantekeninge in die grotte op die plaas. Daar is ook wild wat besigtig kan word.
Her-uitsendings:
- Donderdag om 14:00,
- V rydag om 09:30 en 01:00,
- Saterdag om 17:00,
- Sondag om 11:30
- Maandag om 16:30 en 01:00.
Roete inligting soos op KykNET:
| Program |
Roete |
Kontak persoon |
Kontak nommer |
Webadres / E-pos address |
| 27 |
Buffalo Gorge |
Ryk Diepraam |
013- 245 1049
083 528 9586 |
info@buffelogordge.co.za
www.buffelogorge.co.za |
| 28 |
Mateke |
Therese |
014- 779 0719
073 703 4636 |
theresa@mateke.co.za |
| 29 |
Jobedi Game Reserve |
Sharin Labuschagne |
014-755 3993
|
office@melk4x4.co.za |
30 |
Serendipity roetes |
Johan en Wilna Klopper |
014 743 3540
083 553 3266 |
info@serendipitytrails.co.za |
31 |
Popalin |
Monique Bezuidenhout |
015 534 7904
082 903 0291
|
popallin@popallin.co.za |
32 |
Rebellie |
Nic Prinsloo |
058 256 1152
083 627 8391
|
www.rebellie.co.za
rebellie@mweb.co.za |
33 |
Kroonstad Quad en 4x4 Trails |
Louis Steyn |
056 212 6946
082 805 9003 |
www.quadtrails.co.za info@quadtrails.co.za
|
34 |
Shingwedzi 4x4 Eco Trail |
Johan Kriek |
083-305-8083
Cape town head office
(021) 701-7860
|
johankriek@dolimpopo.com
www.dolimpopo.com
|
35 |
Ferndale 4x4 Trail and outdoor Adventures |
Butch James |
045 843 1741
082 784 4979
082 745 4154 |
www.ferndale4x4.co.za info@ferndale4x4.co.za
|
36 |
Brakkeduine 4x4 Sand Trail |
Choppie Lindstorm & Arthur Loretz
|
083 400 3720
082 336 2055
|
choplins@mweb.co.za |
37 |
Louvain 4x4 / Duiwelsberg |
Nico Bester |
044 888 1726
083 287 6927 |
www.louvain.co.za |
38 |
Offcamber Adventures 4x4 |
Tony en Sharon Webb |
041 955 5572
082 553 2763
082 456 0656 |
www.offcamberadventures.co.za |
39 |
Bamboeshoek 4x4 Roete |
Chris en Mariana Bartlett |
045 966 9552
082 930 3823 |
bartlett@awe.co.za |
Safari 4x4 Roetes gery van dag een
2007 en 2008 roetes
| Episode Nommer |
Naam van roete |
Waar |
Kontak Persoon |
Kontak nommer |
Webadres / E-pos address |
|
|
|
|
|
|
| 1 |
Hennops Offroad trail |
Pretoria / Sandton |
George Hausleiter |
082 566 5037 |
info@hennops.co.za |
| 2 |
Bass Lake Adventures |
Vereeniging |
Alan Pepper |
083 250 4385 |
basslake@basslake.co.za |
| 3 |
Protea Eco Adventure / Safari Roete |
Krugersdorp |
Jannie Rykaart |
083 268 0566 |
info@passport2adventure.co.za |
| 4 |
Vleesbaai Duine Roete |
Mosselbaai |
Riekie van Rensburg |
082 784 8238 |
|
| 5 |
Ostrich Eco 4x4 Roete |
Heidelberg Kaap |
Piet en Janet Uys |
082 493 0591 |
ostrichtrails@telkomsa.net |
| 6 |
Monteco Nature reserve |
Montagu |
Daniel |
028 5721922 |
'info@monteco.co.za' |
| 7 |
Klein Tafelberg 4x4 |
Redelinghuys |
Albert Smit |
083 429 9313
022 7831682 |
|
| 8 |
Boegoeberg 4x4 |
Clanwilliam |
Sybrie de Beer |
083 632 2634
027 482 2933 |
lambertshoek@telkomsa.net |
| 9 |
Bonniedale Attaquaskloof |
Mosselbaai |
Nico & Danette |
044 695 3175 |
bonniedale@mweb.co.za |
| 10 |
Moolmanshoek 4x4 Eco Roete |
Ficksburg |
Willie Nel |
082 788 6623 |
info@moolmanshoek.co.za |
| 11 |
Korannaberg van Zoelenshoek |
Excelsior |
Gert & Connie Conradie |
082 783 0092 |
koranna@telkomsa.net |
| 12 |
3 Provinsies 4x4 Roete |
Volksrust |
Herman & Ronel |
082 785 8002 |
3provinsies4x4@xsinet.co.za |
| 13 |
Lesotho Sneeu |
Lesotho |
Andre de Villiers |
012 809 4410 |
www.safaricentre.co.za |
| 14 |
Doornrivier |
Zeerust |
Andre van der Merwe |
0832765081
0186423394 |
www.doornrivier.co.za |
| 15 |
Moegatle |
Brits |
Alex Fullard |
0828231004 |
|
| 16 |
Moegatle |
Brits |
Andrie |
0827792443
012 2771430 |
|
| 17 |
Berakah 4x Eco Roete |
Parys - Vredefort koepel |
Andre Pretorius |
0823399177
0568181313 |
www.berakah.co.za |
| 18 |
|
|
|
|
|
| 19 |
Bonani 4x4 roete |
Newcastle |
Jaro Geldenhuys |
034 3511687 |
bonani@telkomsa.net |
| 20 |
Rust de Winter |
50km Noord van Pretoria |
Peter Claasen |
0825586184
0123791715 |
www.4x4atv.org |
| 21 |
The Vale |
Beaufort-Wes |
Gideon Vivier |
082 411 3986
0794981731 |
|
| 22 |
Burchell 4x4 Roete |
Uniondale - Knysna |
Katot Meyer |
0721991919
044 2725114 |
www.burchell4x4.co.za |
| 23 |
Minwater |
Oudtshoorn |
Louis Jordaan |
0824813625
044 279 1285 |
minwater@freemail.absa.co.za |
| 24 |
Wagon Wheel |
Montagu |
Danie le Roux |
023 358 1869 |
info@karooadventures.co.za |
| 25 |
Daberas |
Augrabies - Noord Kaap |
Kobus van Coppenhagen |
0836564498
0833847188 |
daberasadventures@webmail.co.za |
| 26 |
Bushmansriver Gamelodge |
Augrabies - Noord Kaap |
Louis Hanekom |
0825587430 |
daberasadventures@webmail.co.za |
|